Meer oor
Ons
Ons Storie
Meer oor wat ons doen en
hoe ons hier gekom het
LKF Makelaars is ‘n finansiële dienste verskaffer met een been in die Suid-Kaap, en een been in die Boland. Ons is in 1998 gestig deur Leon Lamprecht (RIV) en Koos Fourie (RIV).
Die besigheid het aanvanklik bekendgestaan as LKF Makelaars, voor dit begin handel dryf het onder Excelsus Makelaars, en later Eplan Invest. Met afsterf van beide die stigterslede, het die oorblywende lede besluit om die BK terug te neem na sy oorspronklike naam, as huldelbyk aan die stigterslede, sonder wie ons nie sou wees waar ons is nie.
Die seemeeu as kenteken gekies omdat seeumeeue vindingryk en nuuskierig is. Hulle is aanpasbaar by hulle omgewing, na gelang van die situasie. ‘n Seemeeu, hoog in vlug, is ook vir ons die versinnebeelding van vryheid, en vir ons konteks, finansiële vryheid. Laastens, dit grond ons ook in ons plek van oorsprong, naamlik Mosselbaai.
Ons visie & missie
Ons wil holistiese, robuuste, en aanpasbare finansiële planne opstel vir ons kliënte, om hulle te help om finansiële vryheid te bekom. Ons kolf vir ons kliënte.
Visie
Goeie kliëntediens en eerlikheid is vir ons ononderhandelbaar. Ons wil ons kliënte bemagtig om die regte finansiële besluite op die regte tye te neem, sodat hulle eendag finansieel vry kan aftree. Of, as die ergste gebeur, hulle goed verskans is teen die (on)vermydelike risikos.
Missie
Ons is nie ’n megafirma nie, en het geen behoefte om een te word nie. Dis vir ons eerder belangrik om ’n lang pad met minder kliënte te stap. Soos ons ’n generasionele besigheid is (Leon Lamprecht was een van die huidige lede se pa), wil ons ook ons huidige kliënte se kinders bystaan met hulle finansiële besluite.
Kenners
Ontmoet ons span
LKF Makelaars word besit en bedryf deur Hannes Harmse, Leon-Ben Lamprecht en Marretha Singleton.

Hannes Harmse
Finansiële Adviseur
Hannes is al meer as 11 jaar in die industrie. Die eerste vyf jaar hiervan was by Ou Mutual. Hy het ’n sertifikaat in finansiële beplanning, en het aan die PUK studeer. Hy het ook in Frankryk rugby gespeel. Hannes fokus op beleggings, langtermynversekering en mediese fondse. Sy bynaam is “Happy”. Vra hom gerus hoekom.

Leon-Ben Lamprecht
Finansiële Adviseur
Leon-Ben is ’n bekroonde joernalis wat in 2014 die skuif na die finansiële dienste gemaak het. Hy het vir vyf jaar diensplig by Sanlam gedoen, voor hy in 2019 by LKF Makelaars aangesluit het. Hy het ’n B.Com- en Meesters-graad (laasgenoemde in joernalistiek) verwerf aan die Universiteit Stellenbosch, asook ’n nagraadse diploma in finansiële beplanning aan die USB. Hy en sy gesin woon op Wellington en hy skryf graag musiek en kinderboeke in sy vrye tyd.

Marretha Singleton
Kantoorbestuurder
Marretha is die gom wat die firma aanmekaar hou. Sy is kantoorbestuurder, en hanteer die administrasie van LKF Makelaars se mediese fondse. Sy is gebore en getoë in Mosselbaai en het in 2004 by LKF Makelaars begin. Sy is ’n voormalige FIA Suid-Kaap-tak sekretaresse en is ’n eerste dan swart belt in Goju – Ruy-styl karate.
At LKF Makelaars we specialize in providing holistic financial planning tailored to your unique needs and aspirations. Whether you’re looking for expert guidance on investment and retirement planning, comprehensive risk coverage, or navigating the complexities of estate planning, our team is here to empower you every step of the way. With a focus on personal service and unwavering commitment, we strive to protect your financial well-being and help you achieve your long-term goals. Discover peace of mind at LKF Makelaars, where your financial journey begins.
Kontak
Gesels met ons
044 692 0427 044 072 0083 [email protected] Office 4, Diaz Office Park, Beach Boulevard West, Diaz Beach, Mossel Bay
